Karas-polisie soek drie na plaasaanval

Die Karas-polisie is op soek na drie mans na ‘n rooftog op plaas Middeldam naby Bethanie. Die 61-jarige Schalk Liebenberg is aangerand en beroof. Die voorval het oor die naweek plaasgevind. Die drie verdagtes het die kluissletels by Liebenberg geëis en weggekom met ‘n geweer en ander items. Die drie het hom vasgebind en weggekom met sy voertuig. Die polisie het daarin geslaag om die voertuig te onderskep toe dit Keetmanshoop nader maar die verdagte in die voertuig het gevlug met van die gesteelde items. Liebenberg het na die bure gestap, met sy hande steeds agter sy rug vasgebind.