BIG sou voedseltekorte aangespreek het

Sowat 73 persent van Namibiërs het vanjaar nie genoeg kos nie, volgens Afrobarometer, vergeleke met 47 persent in 2017. Daar word ook verwag dat die situasie sal vererger tussen vandeesmaand en September, weens die droogte wat oeste vernietig en diere laat vrek het. Die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië het hierop gesê die regering moet ‘n universele inkomstetoelaag daarstel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Renaani Musutua, die woordvoerder van die BIG-koalisie van Namibië, wat sê as daar ‘n basiese inkomste-toelaag was, sou daar nie soveel mense op die drumpel van hongersnood wees nie.