Curriebeker: Cheetahs looi WP 37-17
Die verdedigende Curriebekerkampioene, die Cheetahs, het op die Vrystaatstadion Bloemfontein ‘n oorwinning van 37-17 teen die Westelike Provinsie behaal. Die haker Vernoon Paulo het vir twee drieë teen die einde gesorg. Die rustydtelling was 10-elk. Die Cheetahs is steeds bo aan die Curriebekerpunteleer. Vanmiddag verwelkom die Griffons die Blou Bulle in Welkom. Die Leeus het die Pumas Vrydag in Mbombela met 75-21 afgeransel, terwyl die Griekwas die Haaie in Kimberley met 34-31 ore aangesit het.