IMF sê Botswana sal net met 1% vanjaar groei
Die Internasionale Monetêre Fonds het Botswana se 2024-groeivooruitsigte tot 1 persent verlaag vanaf ‘n vroeëre April-skatting van 3,6 persent, hoofsaaklik weens laer diamantproduksie. Die begrotingstekort sal na verwagting ook toeneem tot 6 persent weens ‘n daling in minerale inkomste. Die fonds sê die land moet oorweeg om nuwe infrastruktuurprojekte te vertraag om die ekonomie te help. Laer verbruikersvraag en wêreldwye ekonomiese uitdagings het die vraagvooruitsigte vir diamante verlaag.