Namagra-werkers verwerp N$2 verhoging
Die staking by Namagra op Karibib duur voort met werkers wat die maatskappy se aanbod om lone met 2 Namibiese dollar per uur te verhoog, verwerp het. Die maatskappy het ook ‘n behuisingstoelaag van 200 dollar per werknemer voorgestel. Sowat 40 werkers het vyf dae gelede begin staak by Namagra, ‘n maatskappy wat marmer by Karibib myn en verwerk. Die werkers verdien tans 13 dollar uurliks en vat 2 300 dollar per maand huis toe, sonder enige ander voordele. Hulle eis ‘n verhoging van 3 dollar per uur en 350 dollar op behuising. ’n Vergadering vir verdere onderhandeling tussen die partye is vir Dinsdag geskeduleer.