Nudo kanselleer weer kongres, blykbaar vrese oor ‘bloedvergieting’

Die Nudo-party het weer sy kongres onbepaald uitgestel. Dit sou Saterdag plaasgevind het maar berigte lui dat een van die redes vir die uitstel die veiligheid van afgevaardigdes is. New Era berig dat een partyleier aan hom gesê het hulle wil nie bloedvergieting hê nie. Die party moet sy leierskap vir November se verkiesing verkies en sy huidige president, dr. Ester Muinjangue het aangedui dat sy nie verkiesbaar is nie. Die kongres sou in April plaasgevind het maar, daar was onvoldoende fondse daarvoor.