90 dood in Gaza-aanval in humanitêre sone

‘n Israeliese lugaanval het Saterdag minstens 90 Palestyne in ‘n aangewese humanitêre sone in Gasa gedood na ‘n aanval wat volgens Israel gemik was op Hamas se militêre hoof, Mohammed Deif. Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê dis onduidelik of Deif en ‘n ander Hamas-bevelvoerder dood is. Dit kom na drie dae van onderhandelings vir vrede gestaak is. Hamas het ontken dat Deif dood is. Ontheemdes wat in die gebied geskuil het, sê hulle tente is uitmekaar geruk tydens die aanval, en sê liggame en liggaamsdele is oral op die grond gestrooi.