Grootse Britse massastranding van walvisse in amper 100 jaar

Kenners van regoor die Verenigde Koninkryk het in Orkney aangekom om nadoodse ondersoeke te doen op 77 loodswalvisse wat vrek aangetref is Sanday-eiland. Dit word beskou as die grootste massastranding in byna ‘n eeu. Spesialiste sal weefselmonsters gebruik om die oorsaak te bepaal. Nick Davison van die Skotse Seedierstrandingskema, sê vier walviskoeie word ondersoek en waarsku die proses kan etlike dae duur. Hy waarsku die publiek toegang tot die eiland word beperk.