Vroue-finaal by Wimbledon vandag
‘n Nuwe koningin word vandag op Wimbledon gekroon. Dit is die eerste eindstryd vir Jasmine Paolini van Italië sowel as vir die Tsjeg Barbora Krejčíková. Die sewende-gekeurde Paolini se beste vertoning in ‘n Grand Slam-toernooi was verlede maand in Parys, waar sy die eindstryd van die Franse Ope gehaal het, wat Krejčíková in 2021 gewen het. Die 31ste gekeurde Krejčíková se ontslape afrigter, Jana Novotna, het Wimbledon in 1998 gewen. Die twee spelers het nog nooit in die hoofloting van ‘n toernooi teen mekaar gespeel nie.