Bloubessie-bedryf vorder uitstekend
Plaaslike media berig dat Namibië tans 45 metrieke ton bloubessies jaarliks produseer met 99 persent hiervan wat na die Europese mark uitgevoer word. Op die oomblik word die bessies geproduseer op 20 hektaar en daar is beplanning op dit uit te brei na 300 hektaar wat produksie aansienlik sal verhoog. Namibië het ook ‘n groot voordeel omdat die plaaslike oes-seisoen ongeveer vier weke voor die van Suid-Afrika plaasvind wat suksesvolle uitvoere verseker.