Klagtes ondersoek in die uitlek van VBS-verklaring

Die Nasionale Vervolgingsgesag kritiseer die ongeoorloofde vrystelling van ‘n beëdigde verklaring in die VBS-banksaak. Die woordvoerder, Mthunzi Mhaga beklemtoon sulke optrede stel geregtigheid in gevaar en bedreig ook indiwidue wat betrokke is by die ondersoek en vervolging. Mhaga onderstreep die belangrikheid van vertroulikheid in ingewikkelde korrupsiesake, en sê regsoptrede word oorweeg. Hy voeg by ‘n volledige ondersoek word gedoen na die uitlekking om diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik te hou:

VBS het plaaslike belang omdat van die SME Bank se geplunderde fondse na die bank oorbetaal is.