Bokke gereed vir harde aanslag vanmiddag

Die Springbokke se hulpafrigter, Mzandile Stick, sê die span sal vir alle Suid-Afrikaners speel wanneer hulle vanmiddag in Durban teen Ierland in die beslissende wedstryd van die toetsreeks op die veld draf. Stick én kaptein Siya Kolisi verwag ‘n verwoede aanslag van die besoekers want die Iere wil bewys hoekom hulle die Sesnasies-kampioene is. Kolisi dink nie daaraan dat hulle die voorlopers in die reeks is na hulle oorwinning van 27-20 op Loftus nie. Hy sê dit is ‘n nuwe wedstryd, so vir hulle is die reeks nul-elk.