500 huishoudings in Kaapstad hervestig weens vloede
Die regering verleen bystand om minstens 500 huishoudings te hervestig wat deur die swaar reën en vloede in Kaapstad geraak word. Die minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi, en adjunkminister Tandi Mahambehlala het ‘n afvaardiging gelei wat vordering moes bepaal ten opsigte van behuisingsingrypings. Kubayi sê die tydelike hervestigings na die Westelike Provinsie se Regeringskool is daarop gemik om onmiddellik skuiling te verskaf voor permanente hervestiging. Sy sê die fokus is op pro-aktiewe rampvoorkoming.