Twee vermeende wildstropers aangekeer

NamPol in die Oshana-streek het twee mans in hul dertigs wat in Oshakati met ongeregistreerde jaggewere betrap is, in hegtenis geneem. NamPol Oshana-streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Lungameni Sakaria, sê hulle is in ‘n intelligensie-geleide operasie aangekeer. Die mans het na bewering met die gewere geryloop na Etosha om te gaan wild stroop. Die polisie het ook beslag gelê op 34 koeëls vir die gewere en 33 koeëls vir ‘n 9mm pistool. Die mans sal aangekla word van sameswering om spesiale beskermde wild te jag asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.