Anti-Semitisme klou steeds in Europese Unie

Die jongste studie van die Europese Unie se Fundamentele Regte-agentskap toon 75-persent van Jode in Europa voel hulle word verantwoordelik gehou vir die optrede van die Israelse regering. Die peiling is gedoen voor Hamas se aanvalle in Israel in Oktober verlede jaar en Israel se teenaanvalle in Gaza. Tagtig-persent van die deelnemers voel anti-Semitisme het toegeneem in hulle lande, met 90-persent wat sê hulle het teen-Joodse gevoelens aanlyn ervaar. Die EU het maatreëls teen anti-Semitisme ingestel wat tot ‘n mate suksesvol was.