Indiese miljardêr trou na 7 maande se feesvieringe
Anant Ambani, die jongste seun van Asië se rykste man, Mukesh Ambani, en die farmaseutiese erfgenaam, Radhika Merchant, trou vandag ná sewe maande se feesvieringe. Die paartjie vier hulle verlowing sedert Januarie met ʼn geleentheid gemiddeld elke ses weke. Die gastelys met name uit die voorste gestoeltes, sluit in Meta se uitvoerende hoof, Mark Zuckerberg, popster Rihanna, Bollywood-akteur Shah Rukh Khan en realiteit-ster Kim Kardashian. Die troue vind plaas by die Jio World-konvensiesentrum in Mumbai, Indië, wat plek het vir 16 000 mense.