Jongste peilings: Kamala sal blykbaar ook vir Trump verslaan
ʼn Nuwe peiling toon president Joe Biden van Amerika en oudpresident Donald Trump is byna gelyk indien ʼn verkiesing vandag gehou sou word met Biden op 46-persent en Trump op 47-persent. Die peiling deur Ipsos, ABC News en die Washington Post, het 2 431 volwassenes betrek. Hiervan was 32-persent Demokrate, 29-persent Republikeine en 27-persent was onafhanklikes. Die peiling toon ook as visepresident Kamala Harris Biden as Demokratiese kandidaat sou vervang, sou 49-persent kiesers Harris en 46-persent vir Trump ondersteun.