Speenkalf-uitvoere na SA duur voort

Die landbouministerie het gerugte weerlê dat die uitvoer van speenkalwers na Suid-Afrika stopgesit is. Die ministerie se waarnemende hoof veeartsenybeampte dr. John Shoopala sê die uitvoere duur voort en uitvoerders moet eenvoudig aansoek doen vir ‘n Suid-Afrikaanse veeartseny invoerpermit. Die ministerie voeg by dat op die oomblik onderhandel met die buurland oor hersiene regulasies vir die invoer van veevoer. Daar is verskeie belangrike bepalings as gevolg van die bek-en-klouseer in die buurland.