Groot geld begroot vir behuising

Die regering se begroting vir gedienste erwe en behuising sal van 750 miljoen Namibiese dollar verlede jaar tot 6,5 miljard dollar oor die volgende vyf jaar styg. Big-Don Kondunda, direkteur van habitat en behuisingsontwikkeling in die lynministerie het die aankondiging gemaak by die bekendstelling van die hersiene nasionale behuisingsbeleid. Die jongste sensus-uitslae toon dat beide die landelike stedelike bevolking rondom 66 persent gestyg het. Die land het ‘n agterstand van rondom 300 000 eenhede wat ‘n beraamde 78 miljard dollar sal kos om in te haal.