Namibië kan toegang tot US$2,2 miljard kry vir skoon kook-metodes

Namibië is by die Internasionale Atoom-agentskap se beraad oor skoon kook-metodes in Afrika, wat in Mei gehou is, ‘n groot bedrag fondse beloof. Die kabinet het in sy besluitnemingsvergadering op 9 Julie kennis geneem dat 2,2 miljard Amerikaanse dollar se beloofde fondse beskikbaar is en dat die land toegang daartoe kan kry. Die gesondheid- en omgewingsake-ministeries is gevra om meganismes te vind om toegang tot die geld te kry, sodat die land voordeel daaruit kan trek. Inligting-minister Emma Theofelus het die kabinetsbesluit aangekondig.