Biden het weer ‘n (reuse) oopsie
Amerikaanse president Joe Biden het weer ‘n herrie ontketen oor sy bevoegdheid na hy die media toegespreek het by die afsluiting van die Navo-beraad in Washington. Hy het die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky vir Russiese president Vladimir Putin misgis.
Hy het ook later visepresident Kamala Harris, Donald Trump genoem.