Amushelelo amptelik lid van LPM
Michael Amushelelo is nou amptelik ‘n lid van die Landless People’s Movement. Hy het vroeër die aankondiging gemaak, maar het toe nog nie die LPM se leierskap genader nie. Amushelelo het die Namibia Economic Freedom Fighters-party op 1 Julie verlaat na die party amptelik op 24 Junie gederegistreer is. Die LPM se woordvoerder, Lifalaza Simataa, het aangekondig dat Amushelelo se lidmaatskap goedgekeur is.