‘n Broek vol slange

ʼn Man is betrap met meer as 100 lewendige slange in sy broek.

Hy is voorgekeer toe hy die slange wou smokkel van Hongkong na Shenzhen.

Doeanebeamptes het op ses seilstofsakke, elkeen met ʼn intrekkoord en met kleefband verseël, in die sakke van die man se broek afgekom. Elke sak het lewendige slange van verskillende groottes en kleure bevat. Daar was 104 van die reptiele, insluitend melkslange en koringslange. Talle van die slange is uitheemse spesies.