Bokke stel spelers vry vir Curriebekerspanne

Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus het nege spelers vir hulle provinsiale unies vrygestel omdat hulle nie betrokke is by Saterdag se reeksbeslissende toets teen Ierland nie. Almal sal Sondag terugkeer voor volgende naweek se toets teen Portugal in Bloemfontein. Ses van hulle is toetsspelers – Trevor Nyakane, Makazole Mapimpi, Edwill van der Merwe, André Esterhuizen, Lukhanyo Am en Aphelele Fassi. Die ander drie is Jan-Hendrik Wessels, Phepsi Buthelezi en Morné van den Berg. Die spelers sal na verwagting sorg vir meer ondervinding en vaardigheid in hulle onderskeie Curriebekerspanne.