‘Niemand mag dikteer aan soewereine land nie’

Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze, het die Internasionale Monetêrefonds gekritiseer en die instelling van dubbele standaarde beskuldig in sy eise vir groter deursigtigheid in Namibië se olie- en gasooreenkomste. Volgens hom het geen buitelandse entiteit, die gesag om aan soewereine nasies te dikteer nie. Dit kom omdat die fonds gesê het fiskale deursigtigheid kan verbeter word deur petroleumooreenkomste te publiseer terwyl die koste en voordele van staatsdeelname in ag geneem moet word.