Verdagte vas vir moord op BBC-kommentator se familie
ʼn Britse weermagveteraan wat gesoek is ná die dood van drie vroue, is gister naby ʼn begraafplaas in Noord-Londen opgespoor. Die slagoffers was die vrou en twee dogters van die BBC se wedren-kommentator, John Hunt. Hulle is met ʼn kruisboog in hul huis in Bushey, Hertfordshire, vermoor. Die polisie sê die 26-jarige Kyle Clifford was aan die slagoffers bekend en niemand anders word in verband met die ondersoek gesoek nie.