Voedseltekorte: Dis tyd vir BIG

’n Kwesbaarheidsevaluering en ontleding deur die Geïntegreerde Voedselsekerheid-faseklassifikasie vir Julie tot September toon dat ’n groot deel van die bevolking gekonfronteer word met verergerende voedselonsekerheid. Afrobarometer se peilings toon dat 73 persent van Namibiërs nie genoeg kos in 2024 het nie, teenoor 47 persent in 2017. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ben Schernick, die direkteur van die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië, wat sê die regering moet ‘n universele inkomstetoelaag implementeer.