Kontrakteur vir stadion 28 Augustus bekend

Die regering sal teen 28 Augustus aankondig wie die suksesvolle bieër vir die opknapping van die Onafhanklikheidstadion is. Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het die aankondiging gemaak na Michael Situde, ‘n lid van die Namibiese Sokkervereniging se uitvoerende raad, by die regering gepleit het om die Onafhanklikheidstadion in Windhoek op te knap, ‘n proses wat deur die verkrygingsproses belemmer word. Volgens Situde wil die vereniging vanaf Maart volgende jaar wedstryde tuis speel. Op die oomblik is nie die Onafhanklikheidstadion nog die Sam Nujoma-stadion op Fifa-standaard nie en dus moet tuiswedstryde in Johannesburg gespeel word wat volgens berigte 1,6 miljoen Namibiese dollar per wedstryd kos.