Namibië is nie veilig vir kinders nie
Daar is 1 173 gevalle van kinderverwaarlosing in 2023 in die land aangemeld – dit is drie gevalle elk dag en dit is net die gevalle wat aangemeld is. Daar is ook 928 kinders in 2023 seksueel mishandel – 2,5 gevalle daagliks, en weer net die gevalle wat aangemeld is. ‘n Totaal van 526 kinders is fisies mishandel in 2023. Die adjunkminister van gemarginaliseerde gemeenskappe Royal /Ui/o/oo het die syfers in die nasionale vergadering bekend gemaak. Die Khomas-streek het die hoogste gevalle van beide seksuele en fisiese geweld terwyl Oshikoto se kinder die meeste verwaarloos word.