Paaie-owerheid sê berigte oor geldtekorte is misleidend
Volgens plaaslike media is die projek om die pad tussen Hentiesbaai en Uis na bitumenstandaard op te gradeer vertraag weens ‘n gebrek aan fondse. Werke-minister John Mutorwa het onlangs die terrein besoek en gesê dat aanvanklike planne om twee kontrakteurs gelyktydig op die pad van Hentiesbaai na Kamanjab te laat werk, deur finansieringsbeperkings in die wiele gery is. Mutorwa het die projek se belangrikheid beklemtoon om swaar vragmotorverkeer van die oorlaaide B2-pad na Walvisbaai-hawe te herlei, terwyl dit terselfdertyd Namibië se westelike vervoerkorridor verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder, wat sê die berigte is misleidend.