Erongo ontken dat hy voedselhulp weggooi

Die Erongo-streeksraad het bewerings dat verouderde blikkies vis wat bedoel is vir verspreiding aan minderbevoorregtes, weggegooi is, weerlê. Die raad het gereageer op ’n video wat op sosiale media die rondte doen wat wys hoe blikkies vis wat bedoel is vir die droogtehulpprogram in Karibib weggegooi word. Die raad sê die vis het nie verval nie en die betrokke 127 blikkies is beskadig is tydens vervoer en hantering en ‘n gesertifiseerde gesondheidsinspekteur is ingeroep om die blikkies te inspekteer. Die raad waarsku oor die verpolitisering van voedselhulp en die verspreiding van fopnuus.