Will Smith praat oor sy besluit om ‘n gospelliedjie vry te stel

Will Smith het sy skuif na die wêreld van Christelike/gospelmusiek bespreek met die media ná die vrystelling van sy snit “You Can Make It”. Die Oscar-bekroonde ster is dalk veral bekend vir sy toneelspel-prestasies, maar het ‘n musiekloopbaan ook geniet wat terugstrek na die 1990’s. Van sy treffers sluit die popliedjies “Gettin’ Jiggy with It”, “Wild Wild West” en RnB-treffer “Just The Two Of Us” in. Nou het Smith na die genre van gospelmusiek beweeg en het verduidelik dat hy verplig voel om die nuwe snit vry te stel. Hy gee te kenne dat hy in die nabye toekoms meer Christelike musiek sal maak. Die liedjie is reeds op nommer 3 in die VSA op die Hot Gospel Songs trefferlys. Will het verlede maand die eerste keer die liedjie aangekondig en via Instagram gesê: “Deur sommige van my donkerste oomblikke was musiek nog altyd daar vir my om my op te lig en my te help groei. Dit is my nederige wens dat dit dieselfde vir jou kan doen en vir jou al die vreugde en lig kan bring wat jy verdien.”

Foto verskaf: Everett Collection

Kyk na die musiekvideo hier: