Zimbabwe se ZiG-geldeenheid neig afwaarts

Die ZiG-geldeenheid van Zimbabwe het hierdie week sy afwaartse neiging voortgesit, wat kommer laat ontstaan oor die behoefte aan ingrypings deur die sentrale bank. Data wat op die sentrale bank se webwerf gepubliseer is, toon dat die ZiG teen 13,74 tot die Amerikaanse dollar verhandel het, ongeveer 1 persent laer as by sy bekendstelling in April. Die geldeenheid word gerugsteun deur 2,5 ton goud en 100 miljoen Amerikaanse dollar in kontant. Die sentrale bank hoop hy sal voortgaan om goudreserwes by te voeg soos die mynproses voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Jannie Rossouw van die Wits Besigheidskool, wat sê dit is moeilik om kommentaar te lewer oor die afwaartse neiging van die ZiG.