Mensvreter-krokodil van 4,3m doodgeskiet

‘n Krokodil van 4,3-meter is doodgeskiet nadat ‘n 12-jarige meisie in Australië in ‘n aanval dood is. Die reptiel, wat glo minstens 30-jaar oud was, het op die meisie toegeslaan terwyl sy verlede week saam met haar familie geswem het. Haar dood is die eerste noodlottige krokodil-aanval in die Northern Territory sedert 2018, en het die debat laat opvlam oor of meer gedoen behoort te word om die krokodilbevolking te beperk. Daar word beraam daar is tans een krokodil vir elke 2,5 mense in die streek.