ReconAfrica ‘kom nie sy beloftes na’

ReconAfrica se boorwerk het begin op die Naingopo-eksplorasieput in PEL 73 in die noordooste van die land. Die firma word egter beskuldig van menseregteskendings in Namibië, en Kanadese menseregteprokureurs het ‘n ondersoek aangevra. Rob Parker, ‘n medewerker by die Economic and Social Justice Trust, sê die maatskappy het nie sy beloftes nagekom nie.