Kuberdiefstalle slaan SA hard

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het reuse-kuberdiefstal van minstens 300-miljoen Suid-Afrikaanse rand die afgelope dekade onthul. In die jongste aanval in Mei is 24-milljoen rand gesteel. Vier amptenare is geskors, en 300 skootrekenaars is in beslag geneem. Macpherson sê ‘n volledige forensiese ondersoek is aan die gang, waarby die Valke, die polisie, die Staatsveiligheidsagentskap en kubersekerheidskenners betrokke is