Nog seksuele aanranding-klagte teen Weinstein

Aanklaers in New York sê die gewese Hollywood-regisseur Harvey Weinstein word ondersoek vir bykomende aanklagte van seksuele aanranding. Volgens aanklaer Nicole Blumberg gaan hulle aansoek doen om ‘n nuwe aanklag aangesien die bykomende aanrandings steeds binne die verjaringstermyn val en as misdade verhoor kan word. Die 72-jarige Weinstein is in 2020 skuldig bevind aan verkragting in ‘n grensverskuiwende saak en tot 23-jaar tronkstraf gevonnis, maar dit is in April omgekeer. ‘n Herverhoor moet nog aangekondig word. Die kwessie het die #MeToo-beweging begin.