Wimbledon sien nuwe rekord

Tennis: Wimbledon het ‘n nuwe rekord van 36 opgestel vir wedstryde van vyf stelle in ‘n enkele Grand Slam-toernooi in die ope era, toe die Rus Daniil Medvedev die wêreld nommer een Jannik Sinner van Italië gister in die kwarteindstryd geklop het. Medvedev sê dit is altyd moeilik om op ‘n grasbaan in drie stelle te wen, of die spelers se spelpeil het verbeter. Vanjaar se langste wedstryd tot dusver was in die eerste ronde toe die Australiër Thanasi Kokkinakis die oorhand gekry het oor die Kanadees Felix Auger-Aliassime in vier-uur-en-38-minute.