Craig Bellamy neem oor as Wallis se hoofafrigter

Die voormalige doelskieter van Liverpool, Newcastle en Wallis, Craig Bellamy, is aangestel as nuwe hoof-afrigter van Wallis se nasionale span, met ‘n kontrak tot 2028. Hy vervang Rob Page, wat afgedank is nadat Wallis nie vir Euro 2024 kon kwalifiseer nie. Die 44-jarige Bellamy verlaat Burnley, waar hy verlede seisoen die voormalige bestuurder Vincent Kompany se assistent was toe hulle afgeskuif is uit die Premierliga.