Swartbooi looi almal, Swapo, LP’s ens ens…

Die LPM het ‘n perskonferensie gehou waar verskeie aspekte onder die loep gekom het. Oudergewoonte, en nes al die ander partye, word die regerende party gekritiseer maar geen oplossings word aangebied nie. Swartbooi sê elke Namibiër het die afgelope 34 jaar gely.

Swartbooi hy het ook skerp kritiek teen LP’s uitgespreek. 

Swartbooi is sedert 2010 in seniorposte in die Swapo regering tot hy in 2017 die LPM gestig het. Hy was goewerneur van die Karas-streek vanaf 2010 tot 2015 en daarna, adjunkminister van grondhervorming.