Regter gee Esau sy geld vir sy prokureur
Regter Beatrix de Jager het vanoggend in oudminister en Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau en sy vrou Swamma se saak teen die aanklaer-generaal, in sy guns beslis. Esau het gevra dat twee bedrae, een net meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar en die ander, amper 2,3 miljoen dollar beskikbaar gestel word en oorbetaal word aan sy regsfirma Metcalfe en Beukes.