Saterdag se rugby bring reuse-ekonomiese inspuiting

Die eThekwini-munisipaliteit sê Saterdag se langverwagte tweede toets tussen Suid-Afrika en Ierland sal help om die plaaslike ekonomie te laat groei. Die Springbokke het hulle groep van 23 wat die besoekers verlede week in Pretoria 27-20 geklop het, net so behou vir die kragmeting. Die metro se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê die wedstryd beteken regstreekse besteding van 125 miljoen Suid-Afrikaanse rand, ‘n bydrae van 309 miljoen rand tot die bruto binnelandse produk en die skepping van 559 werksgeleenthede: