Alcaraz en Medvedev in halfeindronde

Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje, speel in Wimbledon se halfeindronde teen die Rus Daniil Medvedev. Alcaraz het die Amerikaner Tommy Paul in vier stelle verslaan terwyl Medvedev die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, in vyf stelle geklop het. In die vroueafdeling is Jasmine Paolini die eerste Italiaanse vrou in die ope-era wat Wimbledon se voorlaaste ronde haal nadat sy die Amerikaner Emma Navarro 6-2, 6-1 afgeransel het. Sy speel teen Donna Vekic van Kroasië wat die Nieu-Seelandse kwalifiseerder Lulu Sun verslaan het.