NaCC het volgens NBC, ‘n agenda

Die direkteur-generaal van die nasionale uitsaaier Stanley Similo het skerp gereageer op die publikasie van die Mededingingskommissie se verslag oor wat beskryf word as onbillike gedrag deur die NBC. Die kommissie het ook die uitsaaier berispe oor wat hy sê is onregverdige tariewe wat hy vra vir TBN en One Africa om sy netwerk te gebruik. Similo sê daar is seker ‘n agenda omdat die bekendmaking voortydig is. Onderhandelinge duur nog voort en dus is die verklaring deur die kommissie dood op aankoms.