Putin wil Yulia Navalnaya arresteer

ʼn Hof in Moskou het ʼn lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van Yulia Navalnaya, vrou van wyle Alexey Navalny, ʼn Russiese opposisie-politikus. Sy word beskuldig dat sy lid is van ʼn ekstremistiese organisasie. Die 47-jarige Navalnaya woon tans buite Rusland, maar sal in hegtenis geneem word indien sy terugkeer. Sy het die lasbrief gekritiseer en sê president Vladimir Putin is ʼn moordenaar en oorlogsmisdadiger en hoort in die tronk. Navalnaya het beloof om haar man se werk voort te sit.