Pastoor het skoolmeisie swanger gemaak

Die Engelse dagblad New Era berig vanoggend dat ‘n 15-jarige meisie op Oshakati swanger is na ‘n pastoor haar twee keer verkrag het. Die 34-jarige van die Disciple of Christ-kerk in Ongwediva is reeds agter tralies en het ook op die laerhof op die dorp verskyn. Hy is borg geweier en sy saak is tot 20 September uitgestel. Die pastoor het die slagoffer blykbaar verkrag toe hy haar ‘n saamry-geleentheid huis toe gebied het. Die insident het aan die lig gekom toe sy swanger geraak het. Intussen berig die publikasie dat nog ‘n vrou, 27, na vore getree het en voer aan dat sy ook verkrag is.