Kapenaars moet luister na weer-waarskuwings

Die Wes-Kaapse regering is op hoë gereedheid nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens reënvoorspellings opgegradeer het tot ‘n vlak agt-waarskuwing vir Kaapstad, Drakenstein en Stellenbosch vandag. Verwagte reënval van 40 tot 60 millimeter, wat moontlik 100 millimeter in bergagtige gebiede kan bereik, laat kommer ontstaan oor vloede, modderstortings en rotsstortings. Die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê mense wat van ventilators afhanklik is, soek skuiling en laaigeriewe by hul stasie, nadat Struisbaai weens gure weer afgesny is: