Navo kan nie vir November wag nie

Die 75ste Navo-beraad is tans in Washington aan die gang. Die Oekraïne en die Amerikaanse verkiesings op 5 November is hoog op die agenda. President Volodymyr Zelenksy van die Oekraïne het die beraad toegespreek en sê Navo kan nie vir November wag nie. Die organisasie moet nou hand bysit.