‘Jy het die reg om homofobies te wees, maar…’

Die Stop Homosexuality Committee het oor die naweek ‘n gebed-saamtrek by die Katutura Jeugstadion georganiseer om teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike in die land te bid. Die geleentheid was volgens hulle om “saam te staan en te veg teen bose geeste en planne van die duiwel, soos die erkenning van homoseksualiteit.” Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Ethne Mudge oor die kwessie gesels.