Esau hoor dalk vandag of hy geld het vir verdediging
Uitspraak word vanoggend verwag in die dringende aansoek deur oudminister en Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau en sy vrou Swamma, teen die aanklaer-generaal. Esau vra dat twee bedrae, een net meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar en die ander, amper 2,3 miljoen dollar beskikbaar gestel word en oorbetaal word aan sy regsfirma Metcalfe en Beukes. Die partye het reeds hoofargumente op 15 April gelewer. Regter Beatrix de Jager sal na verwagting half-nege uitspraak lewer.